Genoot van die Britse Akademie

Die Britse Akademie se perseel by 10–11 Carlton House Terrace.

Genoot van die Britse Akademie (post-nominale letters: FBA, Afrikaans: GBA) is 'n prys wat toegeken word deur die Britse Akademie aan leidende akademici vir hul uitstaande bydrae[1] in die geesteswetenskappe en sosiale wetenskappe.[2] Die kategorieë is:[3]

  1. Genote – navorsers wat woonagtig is in die Verenigde Koninkryk
  2. Korresponderende Genote – navorsers wat oorsee woon
  3. Eregenote – 'n akademiese eretitel (waarvolgens die post-nominale letters "Hon FBA" gebruik word)
  4. Oorlede Genote – Vorige genote van die Britse Akademie

Die toekenning is gebaseer op gepubliseerde werk, en Genote mag die post-nominale letters FBA (Afrikaans: GBA) gebruik. Voorbeelde van Genote is M.I. Finley, Edward Rand, Mary Beard, Roy Porter, Nicholas Stern, Michael Lobban, M.R. James, Friedrich Hayek, John Maynard Keynes en Rowan Williams.

  1. "The British Academy Welcomes New Fellows for 2015". Cambridge, Engeland: Universiteit van Cambridge. 16 Julie 2015. Besoek op 10 Desember 2016.
  2. "Fellows". Londen: Britse Akademie. Besoek op 10 Desember 2016.
  3. "How Our Fellowship Is Organised". Londen: Britse Akademie. 9 April 2015. Besoek op 10 Desember 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search